Terme en Voorwaardes
Algemeen
Ons gebed is dat hierdie Evangelistiese Opleidingsdatabasis tot seën sal wees vir almal wat dit gebruik. Mag God jou seën en jou help in jou diens aan Christus.
Jy mag een afskrif maak van enige hoeveelheid van die materiaal vir jou persoonlike gebruik. Maar jy mag nie enige van hierdie materiaal herpubliseer of versprei sonder die geskrewe toestemming van MTS (The Missionary Training Service – www.missionarytraining.org) vooraf nie.
Daar is geen aanbeveling oor kursusse of Kursusverskaffers in die verband nie.
Die Evangeliese Opleidingsdatabasis lys alleenlik materiaal van organisasies wat lede of vennote is van Evangeliese Netwerke, of Evangeliese Missionêre Netwerke, of wat behoort tot een van die lede van die netwerk van ICETE (International Council of Evangelical Theological Education – www.icete-edu.org) of TOPIC (Trainers of Pastors International Coalition – www.topic.us), of wat ten minste ’n evangeliese belydenis van geloof kan onderteken. Organisasies wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, word nie toegelaat om data hier te publiseer nie. Ons probeer sover moontlik dit verseker, maar dit is nie die Evangeliese Opleidingsdatabasis se verantwoordelikheid uitsluitlik om hiervan seker te maak nie. Die goedkeuring en veriviëring van die inligting verskaf is die verantwoordelikheid van die opleidingverskaffers.
Opleidingverskaffers
Deur materiaal op hierdie webwerf te laai, gee opleidingverskaffers aan die Evangeliese Opleidingsdatabasis ‘n kontinue, wêreldwye, tantieme-vrye, onomkeerbare reg en lisensie, asook die reg om weer ook aan ander verskaffingsregte te gee, om dit te gebruik, te herproduseer, te verander, aan te pas, te publiseer, in die openbaar te vertoon, digitaal te vertoon, te vertaal, dit kreatief te verwerk, hierdie materiaal te versprei of te inkorpureer in enige ander vorm. Opleidingverskaffers stem in dat die administrateurs en keurders van hierdie webwerf die reg het om enige van hierdie materiaal te verwyder, te redigeer, te verskuif of enige item daarvan te enige tyd te sluit na goeddunke.
Dit is die verantwoordelikheid van die opleidingverskaffers om te verseker dat hulle ons belowe dat:
-
Die materiaal wat hulle aan ons verskaf akkuraat, waar, goedgekeur, welvoeglik en betroubaar is, en regtens gebruik kan word;
-
Hulle die Kopiereg van hierdie materiaal besit of ten minste die toestemming het om dit te gebruik in die Databasis;
-
Die materiaal benadeel nie die Kopiereg of enige reg van ’n derde party nie;
-
Hulle besit of het die outoriteit om alle handelsmerke, logos, handelsname, die name van die handelsnetwerke of kwaliteitswaarborge of –merke te gebruik in die materiaal;
-
Hulle het die reg om die materiaal te publiseer en om die kursusse te verskaf en die opleiding aan te bied wat in die materiaal aangebied word in alle lande waar die kursusse en opleiding verskaf sal word;
-
Alle materiaal wat vir ons aangebied word is onvoorwaardelik goedgekeur vir publikasie.
Opleidingsverskaffers keur goed dat alle inligting wat hulle verskaf in ‘n databasis gestoor sal word en vertoon sal word aan die publiek – behalwe hulle geheime kode en gebruiksnaam. Verder sal hulle eposadresse ook nie aan die publiek beskikbaar gestel word ter wille van veiligheid nie (alhoewel die soekers in staat sal wees om vir hulle boodskappe te stuur oor navrae oor die kursusse). Tog kan die administrateure nie verantwoordelik gehou word in geval van enige “hacking attempt” wat daartoe mag lei dat van die data gekompromiteer sou word.
Hierdie webwerf-sisteem gebruik “cookies” om inligting op jou plaaslike rekenaar te stoor. Dit is egter net om jou vermoë om die materiaal beter te kan besigtig (soos bv in watter taal jy dit sou wou hê). Daar sal geen eposadresse verskaf word aan enige ander organisasie nie, of sigbaar wees vir diegene wat sulke adresse versamel nie.
Hierdie webwerf en inhoud word verskaf op ‘n “as is, as available” basis.
Skakels na Derde Party-webwerwe
Ander webwerwe waarheen ons skakels sou verskaf is nie onder ons beheer nie. Ons is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige bladsy daarvan of enige verwante bladsy daaraan nie. Ons verskaf slegs hierdie skakels as ’n diens; die insluiting van ’n skakel beteken nie dat ons ons volledig kan vereenselwig met die inhoud op daardie webwerf nie.
Donasies
Wil jy dit nie oorweeg om ‘n donasie te maak sodat hierdie werk voort gesit kan word nie – sien die “Donasies”-skakel aan die linkerkant. Baie dankie. Mag God jou seën.
Krediet en Kopiereg
www.missionarytraining.org
Databasis se ontwerp is deur Malcolm Cowen
Cowen Software
Webwerf is ontwerp deur Jonathan Capper
www.stringersaul.com
www.churchministriesonline.com