n Veeltalige Multitalige databasis van evangeliese Bybelkolleges - en Bybelse, pastorale, teologiese en sending-opleidingsprogramme, - kursusse en -bronne

Hoe om hierdie Webwerf te Gebruik

Die Evangeliese Opleidingsdatabasis – www.trainforChrist.org

“Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.” (Habakkuk 2:14)

Hierdie Internet-databasis se bedoeling is om, met God se hulp, evangeliese pastorale, teologiese en missionêre opleidingskursusse beskikbaar in al die lande te lys. Aanvanklik was dit net in Engels en Spaans beskikbaar, maar met die hulp van die nodige tegnologie is die oogmerk om dit vir Christene oral moontlik te maak om die opleiding te vind wat hulle nodig het om ons Here Jesus Christus meer effektief te dien.

Hierdie projek word bestuur deur die Missionary Training Service, wat hulle hoofkwartjier in die Verenigde Koninkryk het, en lid is van GC (Global Connections – die UK Evangelical Missionary Alliance – www.globalconnections.co.uk), en werk saam met lid-organisasues van ICETE (International Council for Evangelical Theological Theological Education – www.icete-edu.org) en TOPIC (Trainers of Pastors International Coalition – www.topic.us).

“Ons wil verseker maniere vind om hierdie materiaal onbelemmerd te integreer in ons nuwe WEA-werf-teenwoordigheid …” - Geoff Tunnicliffe, die leier van WEA (World Evangelical Alliance – www.worldevangelical.org).

Bid saam met ons dat God deur hierdie projek verheerlik sal word deur ons Here Jesus Christus.

Ons gebed is dat hierdie Evangelistiese Opleidingsdatabasis tot seën sal wees vir almal wat dit gebruik. Mag God jou seën en jou help in jou diens aan Christus.

Searching

Jy kan in jou soektog of van die Onderwerp-kategorie en Sub-kategorie, Land en Streek, Kursusvlak, Sleutelwoord, Taal of Evangeliese Assosiasie gebruik maak.

Jy kan in jou soektog of van die Onderwerp-kategorie en Sub-kategorie, Land en Streek, Kursusvlak, Sleutelwoord, Taal of Evangeliese Assosiasie gebruik maak. Jy kan in jou soektog of van die Onderwerp-kategorie en Sub-kategorie, Land en Streek, Kursusvlak, Sleutelwoord, Taal of Evangeliese Assosiasie gebruik maak.

Om jou soektog te begin by Onderwerp-kategorie en Sub-kategorie, kliek op die woorde “Alle Onderwerp-Kategorieë” en kies watter een jy wil hê. Jy kan jou soektog verder verfyn deur op die betrokke onderafdeling te kliek wat onder sommige van hierdie kategorieë as sub-kategorieë gelys is.

Jy kan ook die Land kies – en onder dit, die Streek van daardie Land. As jy graag wil sien watter kursusse wêreldwyd beskikbaar is via korrespondensie of internet, kliek op “Internasionale Langafstand-opleiding” onder “Kies Land en Streek”.

Hoe minder keuses jy maak, hoe meer resultate sal vir jou gelys word. Bv, as jy Post-Doktorale-vlak-kursusse in Frans in Afganistan soek, sal jy nie baie resultate kry nie.

Plaas Data

Om nuwe data te plaas, moet jy asb registreer. Op hierdie Evangeliese Opleidingsdatabasis aanvaar ons net organisasies wat lid is van ’n nasionale of internasionale evangeliese netwerk. Voordat jy registreer, lees asb die Voorwaardes en Terme-gedeelte.

Nadat jy geregistreer is, sal jy ‘n epos ontvang wat vir jou jou Gebruikersnaam en Geheime Kode sal gee. Kliek dan op “Log In” op die spyskaart aan die linkerkant, en sleutel jou Gebruikersnaam en Geheime Kode in. Verander dan jou Geheime Kode onder die “My besonderhede”-gedeelte.

Jy kan nou die detail van jou kursusse hier insleutel deur op “My Kursusse” te kliek.

Jou kursusse sal in die databasis gelys word nadat jou besonderhede nagegaan is deur een van ons keurders. Dit kan maksimum drie dae neem.

Jy moes asb jou Sekuriteitsgradiënt op Medium (of Laag) stel – om die “cookies” toe te laat om te funksioneer. Hierdie webwerf se “cookies” sal geen skade aanrig op jou rekenaar nie.

Donasies

Wil jy nie asb oorweeg om ‘n donasie te gee sodat hierdie werk kan aangaan nie. Jy kan net op “Donasies” op die linkerkantse spyskaart kliek. Baie dankie. Mag God jou seën.